Sakbek

 

Die hele Kaap Agulhas distrik het in sak en as gesit en treur oor die Struisbaai pelikaan ‘Sakbek’ wat in Junie 1998 geskiet is.    Sakbek het meer as 20 jaar gelede sy intrek geneem in Struisbaai en die hawe sy ‘place of residence’ gemaak.     Hy het so mak dat hy tussen vakansiegangers rondgestap het en was hy baie gewillig om deur besoekers gevoer te word.   Jaarlikse besoekers en hul kinders het daarna uitgesien om hom weer te besoek.  Hy was ook ‘n bekende gesig waar hy op een van die visserskuite gesit het en die die hawe gade geslaan het.    

Volgens ‘n beampte van Natuurbewaring op Struisbaai was hy deur verwittig dat Sakbek op die plaat doodlê.  Hy is inderhaas na die plaat en het Sakbek gekry wat ‘n skoot uit ‘n swaar kaliber geweer deur die bors gehad het.    Die saak is aangemeld by die Polisie op Struisbaai, maar word dit betwyfel of die oortreder opgespoor sou kon word.   Seker ook maar goed, anders sal sy lewe baie ondraaglik gemaak word.

Die Natuurbewaringskantoor het ‘n fonds begin om Sakbek te laat opstod en ook ‘n monument vir hom in die hawe te laat oprig.     Daar word gehoop dat ‘n taksidermis betrokke sal raak by die projek en die publiek word ook versoek vir bydraes tot die fonds.     Ruimskootse bydraes tot die fonds het daartoe gelei dat hy by die S A Museum in Kaapstad opgestop is.  Sakbek is nou terug van die taksidermis en sit nou in ‘n glaskas in die kantoor van die Seevisserye in Struisbaai se hawe.    Besoekers is welkom te gaan kyk hoe hy nou lyk.